Negejarige Britse meisies wat onder sharia-wetgewing gedwing is om te trou

Meisies so jonk as nege word gedwing om in moskees in Islington te trou, volgens die bevindings van 'n vooraanstaande vroueregtegroep. Die Iranse en Koerdiese Vroueregte-organisasie (IKWRO) het berig dat minstens 30 gedwonge huwelike in 2010 in die stad plaasgevind het, waarby minstens drie 11-jarige en twee 9-jarige meisies betrokke was. Net so het die Ministerie van Justisie besonderhede bekend gemaak van meer as 30 aansoeke om Gedwonge Huwelikbeskermingsbevele in 2011, waarvan 'vyf of minder' gemaak is om kinders van 9 tot 11 te beskerm. IKWRO het gewaarsku dat kinderhuwelike in Brittanje aan die toeneem kan wees . Me Nammi het gesê dat die meisies aan familievriende of familielede afgetrou word om te keer dat hulle hul maagdelikheid verloor aan enigiemand wat nie deur hul pa gekies is nie. Die huwelike word deur Imams onder sharia-wetgewing gevoer, wat hulle onwettig en nietig maak onder Britse wetgewing.

Bid: dat ons regstelsel en owerhede hierdie probleem sal kan hanteer. (Spr.18:5)

Meer: http://www.christianconcern.com/our-concerns/islam/nine-year-old-british-girls-forced-to-marry-under-sharia