Nege miljoen in 'ernstige' skuld regoor die VK

Byna nege miljoen mense regoor die Verenigde Koninkryk leef met ernstige skuldprobleme, volgens 'n nuwe verslag. Die Geldadviesdiens (MAS) het ook gesê baie min mense doen enige poging om professionele hulp te kry. Die probleem is veral akuut in vyf Engelse stede, (Manchester, Hull, Nottingham, Knowsley en Liverpool), waar meer as 40% van die bevolking sukkel om hul skuld te betaal. Volgens die opname meen 18% van die Britte, 8,8 miljoen mense, dat hulle 'ernstige' finansiële probleme het. MAS, wat met openbare geld gesteun word, het gesê dat die opname vir die eerste keer 'n gedetailleerde begrip verskaf het van die lewens van diegene wat in die skuld is. Die verslag het bevind dat 74% van diegene wat met skuld sukkel, 'ongelukkig' was. Daar is veral kommer dat baie min mense om hulp vra. "miljoene mense kan hul skuldspiraal vryspring deur toegang tot gratis advies te kry," het Caroline Rookes, die uitvoerende hoof van MAS, gesê.

Bid: vir die baie duisende wat in die skuld vasgevang is en dat maniere gevind sal word om raad te gee. (Ro.13:8)

Meer: http://www.bbc.co.uk/news/business-25108891