Elke jaar op 21 September roep die Wêreldraad van Kerke kerke en gemeentes op om die Internasionale Dag van Gebed vir Vrede te vier. 21 September is ook die Verenigde Nasies-geborgde Internasionale Dag van Vrede. Soos dit nader kom, nooi die Wêreldraad van Kerke mense uit om gebede vir vrede te doen. Hierdie jaar wil ons jou uitnooi om te bid vir die komende Wêreldraad van Kerke 10de Vergadering. Die tema van die byeenkoms is 'n gebed vir vrede: 'God van die lewe, lei ons na geregtigheid en vrede'. Kerke van regoor die wêreld sal van 30 Oktober tot 8 November 2013 in Busan, Suid-Korea, vir die geleentheid saamtrek. Ons wil jou graag vra om die tema te bid – bid dit vir die wêreld, bid dit vir die kerk, bid dit vir die kerke wat die WKK-byeenkoms bywoon, bid dit saam met die gemeente.
Meer: http://www.oikoumene.org/en/press-centre/events/international-day-of-prayer-for-peace