Intergeloof-vredepelgrimstog vir Southall beplan

'n Intergeloofsversoeningswandeling sal hierdie Saterdag 11 Junie 2011 plaasvind in wat deur die organiseerders die 'heilige stad' van Southall, Wes-Londen, genoem word. Die 26ste Jaarlikse Multi-Faith Pelgrimstog vir Vrede word geborg deur Westminster Interfaith, 'n agentskap van die Katolieke Bisdom van Westminster, wat saamwerk met 'n reeks ander godsdienstige en burgerlike liggame. Baie godsdienste sal in die pelgrimstog verteenwoordig word, wat by verskillende plekke van aanbidding in Southall sal verbygaan of binnegaan, insluitend Christelike kerke, Islamitiese moskees, Boeddhistiese en Hindoe-tempels en Sikh-gurdwaras. Vanjaar se pelgrimstog herdenk die eerste sodanige geleentheid, wat deur broer Daniel Faivre, 'n toegewyde intergeloofswerker, in 1986 gereël is. Jon Dal Din, direkteur van Westminster Interfaith sê: 'Die doel van Westminster Interfaith is om begrip te verhoog, mede- werking en respek tussen Christene en mense van verskillende gelowe, en in die besonder om groter bewustheid deur dialoog, gebed en optrede te bevorder.

Bid: dat mense van baie gelowe die pelgrimstog in groot getalle sal ondersteun en begrip, samewerking en respek vir mekaar sal bevorder. (Ps.84:5)

Meer: http://www.ekklesia.co.uk/node/14896