Global Day Of Prayer - Londen roep elke Christen in die VK op tot gebed

As 'n voorloper van 'n Nasionale Dag van Gebed by Londen se West Ham-stadion op 13 Junie 2010, roep GDOP Londen elke kerk en Christen in die VK op tot 'n seisoen van gebed en vas vir die nasie. Soos die land nader beweeg aan 'n historiese oomblik met die Britse algemene verkiesing wat op 6 Mei plaasvind, roep Jonathan Oloyede, sameroeper van die GDOP in Londen, die kerk aan om profeties op te staan en haar plig as 'koningmaker' uit te voer. 'Elke kerk, wyk, stad of distrik behoort verantwoordelikheid te neem om biddend te besluit wie plaaslik in die openbare amp verkies word. Kerke moet wagte hou, spesiale gebedsdienste hou en hul gemeentelede aanspoor om 'n bietjie meer te doen ten opsigte van die verkiesing wat 'n goddelike keuring is. As ons dan bid soos ons Here ons geleer het, sal God se wil in Brighton, Hereford, Luton, York en oral geskied,' verduidelik dr Oloyede.

Bid: dat Christene regoor die land die komende verkiesing biddend sal benader. (Ps.48:14)

Meer: http://www.christiantelegraph.com/issue9442.html