Eksplisiete seksvoorligtingsmateriaal vir kinders

'n Verslag wat vroeër hierdie week in die VK uitgereik is, genaamd 'Too Much, Too Young', ontmasker die uiters eksplisiete aard van seksvoorligtingsmateriaal wat openbare groepe op skoolkinders so jonk as vyfjariges druk. Die omstrede hulpbronne leer jongmense onder meer oor orale en anale seks, sowel as prostitusie, masturbasie en 'straight and gay', en sluit eksplisiete uitbeeldings en beskrywings van seksuele omgang in, sowel as werklike beeldmateriaal van volfrontale volwasse naaktheid . Die kwessie van seksopvoeding was 'n onderwerp van baie kontroversie in Brittanje met die onlangse debat oor 'n wetsontwerp op verpligte seksopvoeding in die Laerhuis. Terwyl die koalisieregering gesê het dat seksvoorligting nie verpligtend sal wees in laerskole nie, hersien die koalisie intussen die onderwysriglyne en -materiaal. Selfs sonder ’n wetsverandering is gesinsgroepe bekommerd oor watter riglyne die koalisie mag instel.

Bid: dat hierdie omstrede materiaal teruggetrek sal word. (1Th.4:3-4)

Meer: http://www.lifesitenews.com/news/report-unmasks-extremely-explicit-sex-education-materials-for-children-in-u