’n YouGov-opname het aan die lig gebring dat 61 persent van Britse volwassenes glo dat oormatige drinkery ’n probleem (van klein tot groot) in hul woonbuurt is. Die opname, wat namens The Baptist Union of Great Britain, die Metodistekerk en die United Reformed Church gedoen is, het mense gevra om die uitwerking van alkohol op die area binne loopafstand van hul huis, of waar hulle plaaslike geriewe gebruik, te beoordeel. Hulle glo dat die afdwinging van 'n minimum prys per eenheid deel kan wees van die oplossing vir hierdie probleem, 'n stap wat reeds deur die Skotse regering geneem is en wat deur die gesondheidswaghond, die National Institute for Clinical Excellence (NICE) gerugsteun is. Alhoewel die Britse regering geen teken toon om 'n minimum prys per eenheid nasionaal af te dwing nie, word die inisiatief deur 'n aantal plaaslike rade oorweeg, insluitend Greater Manchester, Lancashire en Merseyside.
Bid: dat die owerhede 'n greep op hierdie probleem sal kan kry. (Ef.5:18)