Edinburgh 2010 poog om die 21ste eeuse sending te rig

Die Edinburgh Wêreldsendingkonferensie 2010 het Woensdag geopen met die doel om rigting te gee vir Christelike sending in die 21ste eeu. Honderde leiers van regoor die wêreld het in Edinburgh, Skotland, byeengekom om die 100ste herdenking van die eerste wêreldwye sendingkonferensie ooit, Edinburgh 1910, te vier. Vanaf 2 tot 6 Junie sal sendingkundiges vergader om nege hooftemas te bespreek, insluitend Christelike sending onder ander gelowe, sending en post-moderniete, en Christelike gemeenskappe in kontemporêre kontekste. Anders as die oorspronklike Wêreldsendingkonferensie in 1910, bring die 2010-byeenkoms egter Christene uit verskillende tradisies – wat wissel van die Rooms-Katolieke Kerk tot evangeliese en Pinksterkerke – en van nasies wêreldwyd bymekaar. Organiseerders hoop vandeesweek se konferensie sal gesprekke tussen sendingleiers van die ouer sendingbewegings van die Noorde en die nuwe sendingbewegings uit die Suide en Ooste fasiliteer.

Bid: vir afgevaardigdes na die konferensie dat die Heilige Gees hulle sal lei en dat God aan hulle wysheid sal gee. (Ps.34:11)

Meer: http://www.christianpost.com/article/20100601/edinburgh-2010-seeks-to-guide-21st-century-mission/index.html