Die nuwe Arbeidersleier, Ed Miliband, glo nie in God nie, het hy gesê. Hy het voorheen gesê sy godsdiensbeskouings is 'n 'private aangeleentheid', en sy verklaring beteken twee van die drie leiers van groot Britse politieke partye is selfverklaarde ateïste. Adjunk-premier Nick Clegg het ook bevestig hy glo nie kort nadat hy as Liberaal-Demokratiese leier aangewys is nie, terwyl David Cameron verlede jaar gesê het godsdienstige geloof is 'deel van wie ek is' maar erken het dat hy nie gereeld kerk toe gegaan het nie. Die Arbeidersleier se ateïsme plaas hom in skrille kontras met sy voorgangers Tony Blair en Gordon Brown, vir wie godsdiens 'n sentrale deel van hul lewens was. Mnr Miliband en broer David is van Joodse afkoms, maar godsdiens het nie 'n groot rol gespeel in hul opvoeding deur hul Marxistiese pa Ralph Miliband nie. David het in die openbaar gesê hy is 'n ateïs, en was die teiken van kritiek omdat hy sy seun na 'n Church of England-skool gestuur het.
Bid: dat ons volk se leiers deur God se Genade die nasie se geestelike dimensie sal erken. (Ps. 57:8)
Meer: http://uk.news.yahoo.com/21/20100929/tuk-ed-miliband-i-don-t-believe-in-god-6323e80.html