Die pastoor van een van die grootste kerke in Brittanje het Ken Livingstone uitgedaag oor sy bewering dat hy Londen 'n 'baken van Islam' sal maak. Colin Dye, die senior pastoor van die Kensington Temple-kerk, het 'n brief aan die Londense burgemeesterskandidaat Ken Livingstone geskryf na aanleiding van sy omstrede opmerkings oor Islam verlede maand. In 'n toespraak by die Noord-Londen Sentrale Moskee, het mnr Livingstone aan die gehoor gesê dat hy vasbeslote is om 'die massa Londenaars op te voed' oor Islam. 'Ek wil die volgende vier jaar spandeer om seker te maak dat elke nie-Moslem in Londen sy woorde en boodskap ken en verstaan. Dit sal help om ons stad te sementeer as 'n baken wat die betekenis van die woorde van die profeet demonstreer', het hy gesê. Mnr. Livingstone, wat vir die vierde keer as burgemeester aangestel is, het met vergaderde Moslems by die omstrede moskee gepraat en Mohammed se woorde in sy laaste preek beskryf as ''n agenda vir die hele mensdom.' (Sien Gebedswaarskuwing 12-2012)
Bid: dat Colin Dye se brief mnr Livingstone se idees sal uitdaag en hom sal herinner aan ons Christelike wortels. Mt.15:13)