Kerk gejaag van hotel oor sy tradisionele oortuigings

’n Kerk in Aberdeen is verhinder om ’n Sondagdiens in ’n hotelfunksielokaal te hou weens die kerk se oortuigings oor seks en huwelik. Die Gilcomston Kerk het onlangs weggebreek van die Kerk van Skotland in opposisie teen die ordening van gay geestelikes. Hulle het 'n funksielokaal by die Copthorne Hotel in Aberdeen bespreek om op 10 Maart hul eerste Sondagdiens as 'n onafhanklike kerk te hou. Hotelbestuur het die ooreenkoms verbreek nadat hulle klagtes ontvang het weens die kerk se oortuigings. Ds Smart het gesê: 'Soveel vir die verdraagsame samelewing. Ons sou net 'n kerkdiens hou.' Die Gilcomston-kerk het nou tot 'n vriendskaplike ooreenkoms gekom om sy ou kerkgebou te huur, totdat hulle 'n permanente lokaal kan kry sodat dit nie meer 'n hotelfunksielokaal hoef te huur nie.

Bid: dat sekulêre politieke korrektheid nie Christene sal keer om op verskillende maniere te aanbid nie. (Joh.17:23)

Meer:http://www.christian.org.uk/news/church-hounded-from-hotel-over-its-traditional-beliefs/