Britse skole onttrek van Christelike byeenkomste

'n Groeiende aantal Britse skole laat vaar tradisionele Christelike byeenkomste ten gunste van multi-geloof vergaderings en 'oomblikke van nadenke'. Meer as 140 laer- en sekondêre skole regoor Brittanje het die reg gewen om te onttrek van die wetlike vereiste om 'n daaglikse daad van aanbidding te verskaf wat 'breed Christelik' van karakter is. (Sien ook: http://www.christianpost.com/article/20101204/wrong-to-exclude-god-from-classroomsays-u-kthink-tank/) Sommige skole het Islamitiese gemeentes aangeneem. Die hoogste aantal onttrekkings van tradisionele byeenkomste is in Bradford waar 47 skole besluit het om 'nuwe-styl' byeenkomste in te stel. Rt Eerw Biskop Michael Nazir-Ali herinner ons daaraan dat: 'Die Joods-Christelike tradisie verskaf die verbindende skakel met ons eilandverhaal. Sonder daardie tradisie is dit onmoontlik om die taal, die literatuur, die kuns of selfs die wetenskap van ons beskawing te verstaan. Dit verskaf die groot temas van deug en ondeug, versoening en bekering, opstanding en onsterflikheid. Dit onderskraag en beskerm ons grondwetlike en regstradisie'.

Bid: dat die Evangelieboodskap aan ons skoolkinders geleer sal word en ons gedeelde erfenis sal onderhou. (Mark.16:15)

Meer: http://www.christianconcern.com/our-concerns/education/british-schools-opt-out-from-christian-assemblies