Verskeie militêre barakke gaan sluit en meer as 30 000 soldate verskuif na nuwe basisse regoor die Verenigde Koninkryk as deel van 'n herstrukturering van die weermag. Die skuiwe is deel van die grootskaalse herorganisasie en inkrimping van die weermag, aangesien byna 16 000 soldate oor die volgende ses jaar uit Duitsland terugkeer en duisende meer teen die einde van 2014 uit Afghanistan getrek word. Die weermag sal rondom sewe streeksentrums herstruktureer in die VK.
Bid: vir wysheid vir diegene wat betrokke is by die vorming van Brittanje se gewapende magte oor die komende dekades. Bid vir die burgerlike sowel as militêre personeel wat in hierdie veranderinge geraak word; sommige staar verskuiwing van werk, huis en skole in die gesig en ander ontslag. (Spr.3:13)
Meer:http://www.guardian.co.uk/politics/2013/mar/05/seven-military-barracks-army-restructuring