Jubel tot eer van die Here, o ganse aarde.
Aanbid die Here met blydskap; kom voor hom met vrolike liedere.
Want die Here is goed en sy liefde is tot in ewigheid, sy trou duur van geslag tot geslag.
(Psalm 100: 1-2, 5, NAV)
Selfs te midde van hul seerkry, armoede en tragedie, glo ons dat God altyd teenwoordig is vir die wêreld se kwesbare kinders, met Sy blywende, onmeetlike liefde en deernis.
Terwyl ons saam aansluit vir die 2018 Wêreldnaweek van Gebed, laat ons dit doen met 'n gesindheid van lof, en nie God se goedheid en getrouheid vergeet nie.
Om God te prys, help ons om te onthou wat Hy in die verlede gedoen het, om te sien hoe Hy nou aan die werk is, selfs in die moeilike plekke, en te vertrou dat Hy die lewens van toekomstige geslagte sal vorm.
Hoe wonderlik dat ons God se krag en ons verhoorde gebede vandag deur die jare sal rimpel!
Ons sal in die komende maande hulpbronne vir WWP18 ontwikkel, insluitend 'n:
· fotokopieerbare gebedsboek insluitend spesifieke Bybelverse, gebede en kindervriendelike aktiwiteite
· versameling kort video's wat voorbeelde gee van waarvoor kinders en leiers in ons vennootnetwerke God die meeste dankbaar is, plus antwoorde op gebed wat hulle sien.
· dankbaarheidsdagboek vir Mei
· skets en preekomtrek/refleksie
Hulle sal mettertyd beskikbaar gestel word deur die webwerf www.worldweekendofprayer.com