Gebed maak saak. Dit is noodsaaklik vir alles wat ons doen en alles wat ons is. Voeg hierdie jaar jou stem by terwyl honderde van regoor die VK met vrymoedigheid bid vir die werk van Geregtigheid. IJM se nasionale konferensie word Saterdag die derde Oktober by St Pauls Hammersmith, Londen, gehou. Hoor stories van hoop, onverklaarbare vreugde en triomf eerstehands. Ontdek God se hart vir geregtigheid. Jou oë sal oopgaan en jou hart sal verander word. En as gevolg van jou gebede, sal lewens verander word.
IJM se nasionale konferensie is 'n transformerende gebeurtenis soos jy nog nooit beleef het nie. Jy sal bid, jy sal aanbid en jy sal God ontmoet terwyl jy op die voorste linies van onreg staan saam met IJM se personeel en vriende van regoor die wêreld.
Vanjaar se sprekers sluit in IJM se direkteur van ondersoeke – wat om veiligheidsredes nie genoem kan word nie, Anu George, IJM se direkteur van nasionale strategie en intervensies, Terry Tennens Hoof Uitvoerende Beampte van IJM UK en vele vele meer.
Sluit aan by IJM en ervaar eerstehandse God wat sy passie onder sy mense uitstort vir die werk van geregtigheid regoor die wêreld. Wees bemoedig en bid met vrymoedigheid, namens diegene wat sy liefde en geregtigheid in die wêreld nodig het. Sluit aan by IJM op die 3de Oktober in Hammersmith. Kaartjies en verdere inligting beskikbaar by http://www.ijmuk.org/conference
Bron: International Justice Mission