KOLLIG OP FRANKRIJK EN EUROPA

Nuus - - 22 Jan 2015 - Print - Email
KOLLIG OP FRANKRIJK EN EUROPA

Bid vir Frankryk

Volgens Operation World is kerkbywoning een van die laagste in Europa (6-8%); 80% van die Franse het nog nooit 'n Bybel besit of selfs gesien nie. Daar is ongeveer 50 000 voltydse beoefenaars van okkultiese kunste (tarot, waarsêery, psigiese genesing, ens.) wat die 35 000 voltydse Christenwerkers in Frankryk maklik oortref. Moslems maak ongeveer 10% van Frankryk se bevolking uit. Dit is die hoogste persentasie in enige Europese land. Frankryk is ook die tuiste van Europa se grootste Joodse bevolking en anti-Semitisme is aan die toeneem. Kom ons bid vir Goddelike wysheid vir haar leiers: President Francois Hollande; Eerste Minister Manuel Valls; vir diegene wat op die grond werk in verdeelde gemeenskappe, vir die ontmaskering van ander terroriste-selle en vir 'n magtige beweging van God deur kerk en nasie. Sedert 2001 het 'n gebedsinisiatief gedurende die Lydenstyd plaasgevind om spesifiek vir Frankryk te bid. Kyk na hul webwerf vir vanjaar se hulpbronne.

Bid vir Europa

Die grootste deel van die vasteland van Europa word deur die Schengen-ooreenkoms gedek (Die Schengen-ooreenkoms het binnegrense afgeskaf, wat paspoortvrye beweging tussen 'n groot aantal Europese lande moontlik gemaak het) aangesien daar geen grensbeheer tussen hierdie lande is nie – wat een land raak, raak baie – alle mense insluitend terroriste kan vrylik beweeg tussen al die 26 lande wat deur hierdie ooreenkoms gedek word. Bid vir:
Die veiligheidsdienste regoor Europa sal saamwerk om diegene aan te pak wat dalk aanvalle beplan of ander aanmoedig om terreurdade te pleeg.
Vir vrede in Europa tussen die inheemse bevolkings en hul Moslembure en gemeenskappe insluitend die Joodse gemeenskap, die Roma-gemeenskap en ander.
Dat die kerk nie deur anti-godsdienstige gevoelens ingeperk sal word nie.
Die lig van Jesus om op die regerings regoor Europa te skyn – sodat dit wat in die duisternis gedoen word aan die lig gebring en hanteer kan word.

Read 2003 times
Super User

Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipisicing elit, sed do eiusmod tempor incididunt ut labore et dolore magna aliqua. Ut enim ad minim veniam, quis nostrud exercitation ullamco laboris nisi ut aliquip ex ea commodo consequat. Duis aute irure dolor in reprehenderit in voluptate velit esse cillum dolore eu fugiat nulla pariatur