Libanon: Beiroet geruk deur massiewe ontploffing -
Reddingswerkers is op soek na oorlewendes nadat 'n reuse-ontploffing gisteraand minstens 100 mense dood en meer as 4 000 beseer het in Beiroet. Die hoofontploffing is veroorsaak deur 2 750 ton ammoniumnitraat – wat in kunsmis en as ’n plofstof gebruik word – wat vir ses jaar in ’n pakhuis by die stad se hawe onbeveilig gelaat is. Duisende is dakloos gelaat en families tel steeds die slagoffers en soek na die dooies. Daar kon nie 'n slegter tyd wees dat dit in Libanon plaasgevind het nie, 'n Midde-Oosterse land wat reeds sukkel met ekonomiese en politieke onrus. Die hospitale was reeds onder geweldige druk, met uitgeputte hulpbronne weens die covid-19-pandemie. Baie van die mense van Libanon is kwaad oor hierdie ramp wat vermy kon word.
Kom ons bid in hierdie tyd vir die mense van Beiroet en die Libanese regering:
Bid vir die beseerdes en die families van diegene wat hul lewens in hierdie tragiese gebeurtenis verloor het.
Bid vir die hospitale en nooddienste wat sukkel om die omvang van hierdie ramp bo en behalwe die Covid-19-pandemie die hoof te bied.
Bid dat die internasionale gemeenskap hul verskille sal begrawe en mildelik humanitêre bystand, mediese hulp en hulp sal verskaf met die herbou van die hawe wat die sleuteltoegangspunt vir voedsel en ander noodsaaklike hulpbronne is.
Meer inligting: https://www.middleeasteye.net/topics/inside-lebanon