YouTube, gepubliseer op 1 Oktober 2015
Ontdek die redes waarom 'n Moslem-man van 'n Moslem-land besluit het om die vraag te vra "Wie is Jesus?"
Leer hoekom al die antwoorde in die Koran hom gelei het na die waarheid van wie Jesus eintlik was.
https://www.youtube.com/watch?v=sTZYT9ve-AU
Jesus Christus word baie meer kere as Mohammed in die Koran genoem. Kom ons bid dat baie miljoene Moslems onder die geraamde 1.4 biljoen na Hom getrek sal word, selfs terwyl hulle die Koran lees en ander Islamitiese praktyke doen, sodat hulle ook die Bybel sal wil lees en Christus sal leer ken soos hierdie man gedoen het.