Print this page

Gebedswaarskuwing vir Afghanistan - Taliban het 'n groot stad oorrompel

Gebedswaarskuwing vir Afghanistan - Taliban het 'n groot stad oorrompel

Van 'n vriend wat in die land werk:

“Julle het almal daardie slegte nuus gehoor oor die inname van die stad Kunduz deur die Taliban. Dit was 'n baie belangrike oorwinning vir die Taliban en 'n baie groot hupstoot vir hul moraal en het terselfdertyd die Afghaanse weermag en polisie selfs meer ontmoedig. Dit kan 'n sterk rimpeleffek hê soos wat in Irak gebeur het toe die weermag van die IS weggehardloop het selfs deurdat hulle meer soldeer en beter wapens gehad het. Kunduz is baie strategies en dit is nie eens 'n tipiese sterk Pashtun-gebied soos Kandahar of Helmand nie. Ons weet dat die Taliban deur Islamiete van Tadjikistan, Pakistan, Oesbekistan en Tsjetsjenië ondersteun word.”

Gelukkig kon die Afghaanse weermag, ondersteun deur die Amerikaanse magte, die stad terugneem, maar gevegte duur voort in ander dele van die land. ISIS is ook daar saam met die Taliban. Bid dat hulle mekaar sal veg vir oppergesag en dat beide hierdie bewegings sal verbygaan sodat die land van hul vernietigende teenwoordigheid en invloed ontslae kan raak.

Bid asseblief ook dat die regering van Afghanistan en die Afghaanse weermag wysheid en moed en 'n goeie strategie sal hê om die Taliban sowel as ISIS te oorkom. Bid dat die regering kan saamstem oor 'n goeie minister van verdediging en verenig sal word in hierdie stryd om die voortbestaan van die nasie.

Bid vir die aanmoediging en versterking van die plaaslike gebedsbeweging en die toenemende aantal gelowiges onder die Afgane.

Stem saam in geloof en Sy gesag vir die binding en omverwerping van die bose geestelike magte wat die Taliban en ISIS beheer. Mag hulle ontmagtig word en hulle verkeerde, vernietigende saak prysgee met baie van hulle lede wat in verhouding met Jesus Christus die Here kom.