Print this page

Beplanning vir WYPA 2016

Beplanning vir WYPA 2016

Die WYPA sal honderde duisende, waarskynlik miljoene, jongmense en kinders regoor die wêreld verbind in gebed dat hulle hul unieke missies en roepings van die Here mag vind en dat 'n hele nuwe generasie Christelike leiers in elke lewensterrein mag ontstaan. Volgende week in Hong Kong sal 'n beplanningspan van 20-25 jeug- en senior Christenleiers bymekaarkom om die aanvanklike beplanning vir die geleentheid in 2016 te doen. Sal jy asseblief saam met en vir ons bid? 1 Vir Jerome en Abel Ocampo en hul familie (leiers van Jesus Revolution van die Filippyne) terwyl hulle die leierskap van so 'n groot onderneming soos die WYPA oorneem. Bid Sy beskerming, wysheid, leiding en voorsiening vir hulle.

2. Vir eenheid en helderheid met kreatiwiteit vir die beplanningspan en dat elkeen die nodige tyd en hulp sal kan gee volgens sy of haar gawes en kontakte.

3 Vir die WYPA om wyd bekend te word en deur die jeug en kinders regoor die wêreld verwag te word en dat dit sal byval as 'n katalitiese beweging wat wyd ondersteun word deur Christelike bedieninge en gebedsnetwerke regoor die wêreld.

4 Vir vrygewige skenkers om die belangrikheid van die WYPA te verstaan en om vorentoe te stap om die hulpbronne te verskaf wat nodig is by elke stap in die proses na 2016 en vir die geleentheid self. ’n Geskatte $2 miljoen sal waarskynlik nodig wees.

LIKE ons #wypa2016 Facebook-bladsy