GO 2020 – Bereik 1 miljard met die Evangelie

GO 2020 – Bereik 1 miljard met die Evangelie

'n Uitnodiging om ons wêreld te transformeer deur verenigde gebed en sending!

Die vroeë kerk het die wêreld op sy kop gekeer toe hulle, na Jesus se opdrag, in Jerusalem gebly het en “gedurig saam in gebed saamgespan het”. Hierdie kultuur van verenigde gebed het die gelowiges in staat gestel om die bemagtiging van die Heilige Gees te ontvang en het merkwaardige geestelike deurbrake aangesteek toe die Evangelie deur hulle wêreld begin versprei het. Hierdie selfde patroon van gebed wat evangelisasie voorafgegaan het, was 'n konsekwente patroon in al die groot herlewings en sendingvooruitgang van toe af deur die kerkgeskiedenis.

Nou span tienduisende kerke met honderde sendingorganisasies en gebedsbewegings kragte saam vir 'n epiese gebeds- en sendinginisiatief anders as enigiets wat ons wêreld geken het. Die doel is om een biljoen te bereik wat nog nie deur Christus se Goeie Nuus bereik word nie. Saam, teen Mei 2020, beoog ons om 100 miljoen Christene te mobiliseer om te bid vir diegene in hul gemeenskappe wat nie die Here ken nie, asook diegene oor die see wat deel is van onbereikte mensegroepe. Geen enkele organisasie of beweging kan so 'n verbysterende prestasie vermag nie, maar as ons soos sytakke in een onstuitbare rivier saamvloei, kan dit bereik word! Om God se hart van liefde vir die verlorenes deur gebed te kry, sal daartoe lei dat ons Jesus met hulle deel in die krag en sensitiwiteit van die Heilige Gees, net soos die vroeë kerk ervaar het.

Sal jy dit asseblief oorweeg om saam met ons aan so 'n ontsagwekkende onderneming deel te neem tot Sy eer en sodat almal kan hoor? Saam, terwyl ons bid, mobiliseer en vertrou op die Een wat alle mag het, kan ons die volgende sien gebeur teen die einde van Mei 2020:

· Een biljoen mense word bereik met die Evangelie en miljoene der miljoene word oor die hele wêreld gered deur Mei 2020.

· Onbereikte mensegroepe wat die Evangelie vir die eerste keer hoor en nuwe kerke onder hulle stig.

· 100 miljoen Christene wat deur die Heilige Gees geïnspireer en bemagtig is om te bid en die Evangelie met soveel as moontlik in hul eie gemeenskappe en tot aan die uithoeke van die aarde te deel.

· 50 miljoen nuwe gelowiges geïntegreer in bestaande en nuwe kerke.

Aksiestappe:

  1. Persoonlike Gebed: Here hier is ek, gebruik my! Ek sal vir die Evangelie bid en deel met ander wat dit moet hoor. https://www.go2020.world/get-involved
  2. 'n Voorgestelde vyfvoudige strategie om gelowiges te mobiliseer vir gebed en uitreik word in hierdie vier minute lange video beskryf. GO2020-video: https://vimeo.com/342384375  
  3. Die brosjures kan ook gebruik word om ander die visie van Go 2020 te gee (sommige vertalings en meer hulpbronne is beskikbaar by www.go2020.world/prayer
  4. Deur 2020 sal 'n reeks 40-dae gebedsgidse ons help om daagliks te bid vir diegene wat nog onbereik is en dat die oes ingebring moet word. Vanaf 1 Januarie 2020 is die Februarie-tema oor Eenheid en die Rivier van God:

Laai die GO2020 Global Daily Prayer Guides HIER af www.ipcprayer.org/go2020

Meer inligting en teken aan HIER www.go2020.world  

John Robb, Voorsitter, Internasionale Gebedsraad
& Go 2020 Gebedsmobilisasie-taakgroep