Print this page

Libanon: premier bedank ná betogings

Libanon: premier bedank ná betogings

Libanon se premier, Saad Hariri, het aangekondig dat hy bedank ná byna twee weke van teen-regeringsbetogings.

Mnr Hariri het gesê hy het 'n "doodloopstraat" getref en sal sy bedanking aan president Michel Aoun aanbied.

Betogings regoor die land het dit tot stilstand gebring. Banke, skole en universiteite is gesluit omdat 'n deursnee van die samelewing gevra het dat die hele regering moet gaan.

Honderde duisende mense het godsdiensverskille en politieke affiliasies opsy gesit en die strate ingevaar om 'n einde te eis aan regeringskorrupsie, ongelykheid en sektarisme.

Daar was betogings van die noordelike en tradisioneel konserwatiewe stad Tripoli, deur die hoofstad Beiroet en tot by die suidelike stad Tirus.

Diegene wat deelneem wil hê dat die politieke klas wat die land sedert sy burgeroorlog van 1975-1990 oorheers het, omvergewerp word.

Sy huidige ekonomiese krisis is die ergste sedert daardie tydperk, met 'n swart mark vir Amerikaanse dollars wat in die laaste maand of wat ontwikkel het.

Meer by: https://news.sky.com/story/lebanons-pm-al-hariri-to-resign-after-anti-government-protests-11848399

Bid: dat die kwessies van korrupsie, ongelykheid en sektarisme vreedsaam opgelos kan word.
Bid: dat die meer militante organisasies nie voordeel sal trek uit hierdie onrus nie.
Bid: dat 'n regverdige en verteenwoordigende regering demokraties verkies word.
Bid: dat Libanon gered sal word.