Israel se sittende premier Binyamin Netanyahu kon vir die tweede keer sedert April 2019 nie 'n koalisieregering vorm nie. Hy het sy mandaat om dit te doen op Maandag 21 Okt. 2019 aan president Reuven Rivlin teruggegee.
Rivlin het sedertdien ’n beroep op Netanyahu se mededinger, Benny Gantz, wat aan die hoof van die Blou-en-wit blok staan, om te probeer om ’n koalisie van minstens 61 setels in die parlement te vorm oor die volgende 28 dae. Dit word algemeen aanvaar dat Gantz waarskynlik nie beter as Netanyahu sal vaar nie. As hy nie daarin slaag om ’n regering te vorm nie, sal ’n ongekende derde verkiesing in een jaar in 2020 plaasvind.
Die premier het in 'n videoverklaring beweer dat hy probeer het om Gantz na die onderhandelingstafel te bring om "nog 'n verkiesing te voorkom", maar het gesê Gantz het keer op keer geweier. (JNN)
GEBEDSHERINNERING: DOEN VOORBIDDING DAT ISRAEL SE NUWE REGERING BINNEKORT DOELTREFFEND GESTEL WORD:
Weereens gaan die oproep uit vir voorbidders en gebedsgroepe om in te tree in hierdie uiters belangrike saak. Bid dat Israel se leiers 'n sterk en stabiele regering sal kan vorm en dat 'n derde nasionale verkiesing vermy sal word. Die skade aan Israel as gevolg van binnekort herhaalde verkiesings sou geweldig wees.
Die direkte koste alleen sou ongeveer 700 miljoen sikkels wees, 'n bedrag wat gelyk is aan die hele jaarlikse begroting van die Wetenskapministerie. Die indirekte prysetiket om weer na die stembus terug te gaan, sal die Israeliese ekonomie meer as 2 miljard sikkels kos. Dit sou slegs deel wees van die gevolge van so 'n uitkoms wat die huidige politieke dooiepunt verleng.
Israel is nou al amper 'n jaar lank nie in staat om belangrike prosedures uit te voer nie. Senior amptenare in die verskillende ministeries het gesê die regering “trap water”. Hulle rapporteer dat nuwe programme nie goedgekeur kan word nie, ernstige prosesse nie uitgevoer kan word nie en langtermynplanne nie aanvaar kan word nie.
Die Ministerie van Ekonomie kan nie vorder met hervormings om lewenskoste te verlaag nie. Die ministerie van binnelandse sake hou groot projekte terug wat deur plaaslike owerhede benodig word. Die aanstellings van senior amptenare – regters, die polisiehoof – word gevries. Diplomatieke prosesse met 'n direkte impak op Israeliese veiligheid, soos president Trump se vredesplan, is uitgestel. Alles is op wag. (JNN)
Bron: www.visionforisrael.com
Meer by: https://www.bbc.com/news/world-middle-east-50167387