Burkina Faso: 6 vermoor omdat hulle Jesus gevolg het

Burkina Faso: 6 vermoor omdat hulle Jesus gevolg het

HULLE WEIER OM JESUS TE VERKLAART – PASTOOR, 5 ANDER GESKIET NA KERKDIENS IN BURKINA FASO

Verlede Sondag het soos enige Sondag gelyk vir die 80-jarige pastoor Pierre OuIt, wat 40 jaar lank sy kerk en Sirgadji-dorpsgemeenskap in die noordoostelike Soum-provinsie van Burkina Faso bedien het. Op 28 April het hy saam met sy gemeente in die Wes-Afrikaanse land vir aanbidding bymekaargekom. En soos elke Sondag het hy die Woord van God verkondig met die wysheid wat gesoute jare van lewe en bediening bring.

Maar kort ná die diens het ’n gewone Sondag skielik dodelik geword en ’n kerkgebou waar aanbidders pas bymekaargekom het, het ’n misdaadtoneel geword.

VERMOOR VIR JESUS VOLG

Omstreeks 13:00, terwyl pastoor Pierre nog met verskeie gemeentelede in die kerkhof gepraat het, het 'n dosyn mans op motorfietse die gebied bestorm.

’n Plaaslike leier wat anoniem wil bly, het aan World Watch Monitor gesê: “Die aanvallers het die Christene gevra om tot Islam te bekeer, maar die pastoor en die ander het geweier.”

Na wat verneem word, het die aanvallers vir pastoor Pierre en die vyf ander gemeentelede onder 'n boom bymekaargemaak en toe op hul Bybels en selfone beslag gelê.

“Toe roep hulle hulle, een na die ander, agter die kerkgebou waar hulle hulle doodgeskiet het,” het die leier gesê.

Benewens pastoor Pierre het die aanvallers sy seun, Wend-Kuni, en sy swaer ('n kerkdiaken), Zoéyandé Sawadogo, asook die gelowiges Sayouba en Arouna Sawadogo, en 'n laerskoolonderwyser, Elie Boena, vermoor. Nog een is ernstig beseer en na 'n nabygeleë hospitaal geneem.

Die mans het toe die kerkgebou en twee motorfietse aan die brand gesteek. Voor hulle vertrek het, het hulle skape en 'n sak rys by pastoor Pierre se huis gesteel.

Hy en sy vyf gemeentelede is dieselfde dag begrawe in 'n seremonie wat mense uit beide Christelike en Moslem-gemeenskappe getrek het. Die pastoor laat sy vrou en ses ander kinders agter.

Ander plaaslike inwoners het berig dat dieselfde aanvallers die volgende dag (sommige van hulle bekend aan dorpsinwoners as “jong mans wat geradikaliseer is”) die dorpie teruggekom het “op soek na Christene”.

Die bronne sê die gewapende groepe kan straffeloos beweeg weens die gebrek aan wetstoepassing in die gebied in die Wes-Afrikaanse land.

“EK SAL EERDER STERF AS VERLAAT”

Pastoor Pierre het voorheen aan familielede vertel van sy kommer oor die agteruitgang van veiligheid in die streek, hoewel daar geen voorvalle in sy dorpie was nie.

Die gemeenskapsleier het gesê toe hy en ander die pastoor aangeraai het om die gebied te verlaat, het hy geweier en gesê hy “sal eerder sterf vir sy geloof as om die gemeenskap te verlaat wat hy al 40 jaar dien.”

In die laaste paar maande het meer as 100 Christene uit die gebied gevlug en verder suid beweeg, meer as 46 myl daarvandaan. In Februarie het gewapende mans wat glo Islamitiese militante is, 'n kerkleier in die suidoostelike streek van Nohao vermoor toe hy van Togo af teruggekeer het.

Verlede Sondag se geweld in Burkina Faso wat die lewe van pastoor Pierre en sy vyf gemeentelede geneem het, blyk die eerste aanval te wees, spesifiek op 'n kerkgebou, waarin gelowiges in Burkina Faso deur Islamitiese ekstremiste vermoor is.

Bid: vir die families van die martelare, dat hulle die genade sal hê om die aanvallers te vergewe.

Bid: vir beskerming van Christene wat daagliks vervolging in die gesig staar, regoor die wêreld.

Bid: dat die aanvallers voor die hof gebring sal word.

Meer: https://www.opendoorsusa.org/christian-persecution/stories/they-refused-to-denounce-jesus-pastor-5-others-shot-after-church-service-in-burkina-faso/?fbclid =IwAR2Ctw3mtgUNCmr8dSba8rZsqZP3N1CinNyRHQOtQ77bYGo2texbTCnK5Cc

7 Mei 2019 deur Lindy Lowry