Oekraïne - Rusland Konflik - BID

Oekraïne - Rusland Konflik - BID

Oekraïne sal nie Russiese mans van 16-60 in die land toelaat ná die instelling van krygswet nie, sê Kiev. 'n Uitsondering sal gemaak word vir "humanitêre gevalle" soos dié wat na begrafnisse reis. Rusland sê hy beplan nie vergeldingsmaatreëls nie.

Krygswet is tot 26 Desember 2018 in 10 Oekraïense streke ingestel.

Die stap het gekom toe die Oekraïne se president vrees uitgespreek het vir 'n Russiese inval nadat Russiese magte op drie Oekraïense bote en 24 matrose beslag gelê het.

Die Oekraïne het gesê Sondag se voorval in die Swart See was 'n flagrante oortreding van internasionale reg, terwyl Rusland sê die vaartuie het sy territoriale waters geskend.

Dit is die gevaarlikste botsing op see langs die Krim sedert Rusland die skiereiland in Maart 2014 van die Oekraïne geannekseer het.

Wat het die Oekraïne gesê?

Die beperkings is aangekondig nadat president Petro Poroshenko die land se top veiligheidsbeamptes, insluitend grenswaghoofde, in Kiëf ontmoet het.

Die president het getwiet (in Oekraïens) dat die verbod ontwerp is om die vorming van "private leërs" in die Oekraïne te voorkom.

Hy het verwys na Russies-gesteunde separatiste wat in April 2014 eenhede gevorm het om die Oekraïense regeringsmagte in die ooste van die Oekraïne te beveg.

Mnr Poroshenko het ook gesê registrasiekriteria sal verskerp word vir Russiese burgers in die streke onder krygswet.

Hy het Dinsdag gewaarsku daar is 'n dreigement van "volskaalse oorlog" met Rusland.

“Die aantal [Russiese] tenks by basisse wat langs ons grens geleë is, het drie keer gegroei,” het die president gesê.

Vyf van die 10 streke grens aan Rusland terwyl twee aangrensend is aan Moldawië se wegbreek Trans-Dniester-streek, waar Russiese troepe gestasioneer is. Die ander drie streke grens aan die Swart See of See van Azof naby die Krim. (Sien artikelbeeld met vergunning van BBC)

Die BBC se Jonah Fisher in Kiëf sê die verbod kan 'n verwoestende impak hê op oorgrensreise soos die vakansietydperk nader. Baie Russe het familie wat in die Oekraïne woon.

Maria Zakharova, woordvoerder van die Russiese ministerie van buitelandse sake, het in reaksie op die Oekraïense verbod gesê Moskou beplan nie "spieël"-maatreëls nie, want dit "kan tot volle waansin lei".

Rusland het vroeër gesê die 30-dae krygswet in die Oekraïne is afgekondig ten einde die presidensiële verkiesings wat vir 31 Maart vasgestel is, moontlik op te skort.

Dit het gesê dat president Poroshenko - wie se goedkeuringsgraderings gedaal het - dan die belangrikste begunstigde sou wees.

Mnr Poroshenko ontken die eis en sê die stembusse sal gehou word soos geskeduleer.

Bid asseblief:

Dat die situasie nie eskaleer nie.
Dat hierdie langdurige situasie diplomaties opgelos kan word.
Dat mense weer vrylik oor die grens sal kan reis, veral uitsien na Kersfees.

Vir vrede in die streek.

Meer by: https://www.bbc.co.uk/news/world-europe-46397644?intlink_from_url=https://www.bbc.co.uk/news/topics/crr7mlg0d21t/ukraine-conflict&link_location=live-reporting -verhaal