Bid asseblief saam dat die deurslaggewende Amerikaanse verkiesings volgende week diegene aan die bewind sal bring wat sterk Christelike waardes het en "die goddeloses tot 'n val bring" soos die psalmis gebid het. Wettelose, linkse, sosialistiese groepe wil die land hervorm tot 'n totalitêre staat om deel te word van 'n globalistiese Nuwe Wêreldorde wat nasionale soewereiniteit en menslike vryhede verminder. Opnames toon dat ongeveer die helfte van die Duisendjarige generasie, wat grootliks onkundig is oor geskiedenis en politieke wetenskap, nou in sosialisme glo, alhoewel daardie regeringsvorm nog nooit enige goed tot gevolg gehad het vir die nasies wat dit probeer het nie. Venezuela is 'n onlangse voorbeeld van 'n eens welvarende land wat deur daardie dwaling tot armoede en despotisme gebring is. Bid in hierdie stryd tussen Amerikanisme en sosialisme dat die Amerikaanse volk, veral die Christene, waarvan groot getalle nie eens stem nie, nie sal swig voor sulke misleiding nie, en sal opstaan om vir hul Christelike waardes te stem. Mag die Linkse/sosialistiese magte, dikwels finansieel ondersteun deur George Soros (genoem “die mees goddelose man in die wêreld”), beslissend verslaan word by die stembus en mag Amerika se tradisionele waardes wat uit die Amerikaanse Grondwet en die Bybel kom, herbevestig en gehandhaaf word tot seën van die komende geslagte.