Bid vir Nepal

Verlede jaar het die regering van Nepal bekering tot die Christendom formeel gekriminaliseer. Hulle het 'n "teen-bekering"-wet ingestel wat dit onwettig maak om iemand te probeer bekeer van hul geloof in die voormalige Hindoe Koninkryk. Christene maak 'n klein minderheid van die bevolking uit, en hierdie stap word beskou as een om Hindoeïsme te institusionaliseer en die verspreiding van Christendom te stop. Volgens Gordon Conwell Theological Seminary het die Kerk in Nepal teen 'n vinniger tempo gegroei as byna enige ander plek in die wêreld.

Op 15 Augustus word hierdie nuwe wet afgedwing. Daar is gesê dat Christenleiers geteiken sal word vir arrestasie en vervolging. Ons mense is meegedeel dat Hindoe-magte binne die regering reeds 'n lys van Christenleiers opgestel het om onmiddellik in die tronk te sit, en ons topleiers is op die lys. In die afgelope dekade het hierdie manne toesig gehou oor die plant van duisende kerke. Dit maak sin dat hulle geteiken word deur magte wat probeer om die groei van die Kerk te stuit.

Ons doen 'n beroep op alle gelowiges om by ons aan te sluit vir 'n dag van gebed en vas vir die mense van Nepal op 14 Augustus. Teen die tyd dat ons ons bid- en vasdag voltooi het, sal die son in Nepal opkom, en ons bid dat die Here by sy mense sal wees, maak nie saak watter beproewinge hulle in die gesig staar nie.

Enkele spesifieke gebedspunte:

  • Bid vir moed en vrymoedigheid om voort te gaan om Christus te deel (Handelinge 4:29-31).
  • Bid vir voorsiening vir hul gesinne sou hierdie leiers tronk toe gestuur word.
  • Bid vir guns binne die regering.
  • Bid vir eenheid onder Nepalese gelowiges; dat die Kerk verenig sou wees in hulle reaksie op vervolging.
  • Bid dat Christenprokureurs skuiwergate sal vind om hierdie mense teen vervolging beskerm te hou. (soos Paulus, is dit geoorloof om 'n Romeinse burger te slaan?)
  • Bid dat die werk om die Evangelie te deel sal voortgaan en selfs versnel.
  • Bid dat hierdie vervolging 'n onstuitbare beweging sal ontketen wat oor die grense van Nepal na China, Indië en Pakistan sal spoel.
  • Bid vir krag en dat die Gees van God gelowiges in Nepal sal aanmoedig om voort te gaan om hul geloof te deel terwyl hulle in wysheid werk.

Ons harte is swaar vir ons broers en susters in Nepal, bekommerd oor hul veiligheid, gesinne en toekoms; maar ons ken die Een wat hulle vashou. Die Een wat deur die apostel Paulus gespreek het, terwyl hy in die tronk was, "Daar is een liggaam en een Gees, net soos julle geroep is tot een hoop toe julle geroep is; een Here, een geloof, een doop; een God en Vader van almal , wat oor alles en deur alles en in almal is." Mag die Here sy volk versterk en aan hulle genade gee, een dag op 'n slag.

Dankie dat jy saam met ons bid vir al die gelowiges in Nepal.

Tot Hy Terugkom,

Dawid

Die Timothy-inisiatief - http://www.ttionline.org