Maleisië se verstommende ommekeerverkiesing!

Maleisië se verstommende ommekeerverkiesing!

In Maleisië se nasionale verkiesing is 'n verstommende oorwinning vir die opposisie onder leiding van voormalige premier Mahathir Mohamad op 9 Mei behaal. Op die ouderdom van 93 het Mahathir uit 'n lang aftrede gekom om die huidige premier NajibRazak en die Barisan Nasionale party aan te vat, wat algemeen beskou word as verskriklik korrup en selfdienend.

Nadat sommige Christenleiers ontvoer is en steeds vermis word, en wette wat hul godsdiensvryheid bedreig, toenemend in werking gestel is, het die kerke besluit om saam te werk in 'n allemintige inisiatief van desperate gebed genaamd "Light up Malaysia". Dit lyk of hulle gebede nou verhoor word, dank die Here!

Laat ons voortgaan om saam met hulle te bid dat die uitslag van die verkiesing effektief geïmplementeer en wyd aanvaar sal word en vir die nuwe regering namate dit sy mag konsolideer. Bid vir God se vrede om te regeer en vir 'n nuwe, gereformeerde regering wat die nasie se mense regverdig en eerlik dien, wat menseregte en godsdiensvryheid vir almal handhaaf. Bid ook dat die Evangelie vrylik met al die nasie se mensegroepe gedeel kan word.