Baie kerke is gelas en staar die sluiting van hul vergaderplekke in die gesig. Hierdie druk dui op 'n gekoördineerde veldtog van die verskerpte optrede teen Kerke deur die regerende owerhede.
Tot dusver is twee Kerke, die Huis van Hoop en die Kerk in die suide gesluit vir vergaderings en aktiwiteite. Nege ander is deur plaaslike owerhede besoek en dit lyk of dit hul eerste stap is voordat hulle 'n sluiting beveel het.
Al die beskuldigings wat tot die kerksluitings gelei het, was ongegrond. Die argumente van die owerhede is dat die plaaslike kerkgeboue onvanpas is vir aanbidding en dat die Kerklisensies wat in 2011 toegestaan is, onversoenbaar is met die 2012 nuwe wet rakende die verskillende verenigings, en dit sluit die EPA (The Algerian Protestants Church Association) in.
Dit lyk asof hulle probeer om die Kerk te verswak en ondoeltreffend te maak. Pastoor Mourad van die Kerk in die suide wat onlangs gesluit is, het gesê: “Die Kerk van Jesus is nie die mure of die dak nie, maar dit is Jesus se mense, Sy lewende Liggaam!”
Bid: dat 'geen wapen wat teen God se volk gevorm word, voorspoedig sal wees nie; en elke tong wat teen hulle opstaan in die oordeel, sal veroordeel word.' (Jesaja 54:17)
Bid: vir vervolgde Christene in die Algerynse Kerk – dat hulle ondanks hierdie uitdagings onwrikbaar in hul geloof mag bly.
Bid: sterkte en wysheid vir Pastoor Mourad terwyl hy voortgaan om sy gemeente as die 'Lewende Liggaam' te lei, te onderrig en te koester. (Psalm 17:8)