Print this page
Afghanistan Map Afghanistan Map

Jy het seker gehoor van die massiewe aanval Sondag op 'n internasionale hotel in die Hoofstad, waar 'n dierbare suster van ons vermoor is. Twee dae later is 'n bekende NRO wat die land vir baie jare gewerk het aangeval met baie mense wat dood is.

Hierdie opbou van gewapende aggressie teen buitelanders en NRO's benodig herevaluering aan ons kant. Bid asseblief dat ons wysheid het hoe ons die veiligheid van ons werkers kan verbeter en vir broodnodige vrede en sekuriteit in die land.

Daar is ernstige verskille tussen die goewerneur in 'n Noordelike Provinsie en die president. Die spanning neem toe en daar is vrese vir 'n vete binne die regering. Bid dat dit gestop sal word.

SPANNE
Die spanne is nogal geskud deur die skielike dood van ons goeie vriend. Hou aan bid vir beskerming en bemoediging gedurende hierdie tye van onsekerheid.

CP
Ten spyte hiervan kon een span uitreik na mense wat belangstelling getoon het. Bid dat hulle sal voortgaan om dit met baie vrymoedigheid en wysheid te doen.

Bid vir die plaaslike gelowiges dat hulle toegerus sal word en dat deure na 'n buurland kan oopmaak om binnekort gereelde opleidingsprogramme daar te begin.

Dankie dat jy saam met ons bid,
Jou ElRock-span