Print this page

Saoedi-Arabië - Gaan 'n deur oop?

Saoedi-Arabië - Gaan 'n deur oop?

Gaan 'n deur oop vir die Christendom in Saoedi-Arabië?

(Worthy News) - Verstommende politieke verwikkelinge in Saoedi-Arabië laat sommige wonder of die streng Moslem-beheerde Koninkryk meer verdraagsaam teenoor die Christendom kan word.

Saoedi-kroonprins Mohammad bin Salman het gesê hy is van plan om Saoedi-Arabië terug te gee na “gematigde Islam” en die land oop te stel vir alle gelowe.

As deel van sy hervormingstog is tientalle amptenare – insluitend 11 prinse – in hegtenis geneem op aanklagte van korrupsie. Die koninkryk sê ook dat dit etlike duisende imams uit moskees ontslaan het omdat hulle ekstremisme versprei het.

Die persentasie Saoedi-Arabiese burgers wat vandag Christene is, is amptelik nul, want bekering van Islam na Christenskap is lank reeds met die dood strafbaar.

Maar daar word beraam dat tussen vier en vyf persent van die bevolking Christene is – meestal gaswerkers wat nie toegelaat word om openlik te aanbid nie.

Sommige is hoopvol dat verandering kom.

"Die dae van 'n godsdienstige monopolie in Saoedi-Arabië is verby," sê die Christen Palestynse joernalis Daoud Kuttab aan Christianity Today, "Nie meer Islam in elke burger se keel afdruk nie."

Andrea Zaki, president van die Protestantse Kerke van Egipte, het oor die hervormingsbeloftes gesê: "Ek hoop dit sal Saoedi-Arabië en die streek na 'n meer oop samelewing lei."

Maar die tyd sal leer of prins Mohammed werklike hervorming en godsdienstige pluralisme kan bring aan 'n nasie wat sedert sy stigting min tot niks daarvan geweet het nie.

Meer: http://www1.cbn.com/cbnnews/world/2017/november/is-a-door-opening-for-christianity-in-saudi-arabia