KUALA LUMPUR: 'n Kamerstudent het aan die ondersoek na die verdwyning van pastoor Raymond Koh gesê dat hy op die ontvoering "afgekom" het terwyl hy en 'n vriend op 13 Februarie na 'n krematorium gery het.
Roeshan Celestine Gomez (25) het gesê hy het daardie dag die eerste keer drie swart groot motors om 'n silwer motor in SS4 Petaling Jaya gesien. Daar was verskeie mans wat maskers gedra het en was van kop tot tone in swart bedek, het Gomez gesê.
Gomez het gesê hy het toe 'n gesukkel tussen een van die mans en die bestuurder van die silwer motor gesien, en bygevoeg dat die voorruit van die silwer motor stukkend geslaan is.
Hy sê sy vriendin wat langs hom gesit het, het haar handfoon uitgepluk om die voorval op te neem toe ’n Indiërman hulle genader en voor hul motor gaan staan het.
“Hy was opgewonde en het na my vriendin gewys wat haar foon neergesit het.
“Ek het my motor omgekeer, maar hy het aangehou om na ons toe te kom,” het Gomez gesê by die ondersoek wat Donderdagoggend deur die Menseregtekommissie van Maleisië (Suhakam) gehou is.
Koh (62) is glo op 13 Februarie deur 'n groep mans langs Jalan SS4B/10 uit sy motor geneem terwyl hy op pad was na 'n vriend se huis.
Sy silwerkleurige motor met die nommerplaat ST5515D is nie gevind nie.
Gomez het gesê hy het 'n ander man gesien wat ook besig was om die voorval met 'n handfoon op te neem en daar was 'n paar motorfietsryers wat die toneel omsingel het.
Hy sê die hele groep het later weggery en die silwer motor saamgeneem. Gomez het gesê nadat die voorval verby was, het hy gebreekte glas op die pad gesien. Hy het gesê hy en sy vriend het na die krematorium gegaan en later 'n polisieverslag by die Kelana Jaya-polisiestasie gemaak. Die ondersoek het ook na beweerde videogrepe van die voorval gekyk.
Datuk Mah Weng Kwai, kommissaris van Suhakam, wat die ondersoek gelei het, het gesê dit is nie 'n kriminele of 'n siviele verhoor nie.
Die ondersoek, uitgevoer ingevolge artikel 12(1) van die Wet op die Menseregtekommissie in Maleisië, dek ook die verdwyning van die sosiale aktivis Amri Che Mat, pastoor Joshua Hilmi en sy vrou, Ruth Sitepu.
Die opdrag vir die ondersoek was om te bepaal of dit gevalle was van gedwonge verdwynings of onwillekeurige verdwynings in stryd met die strafregtelike, siviele wet of toepaslike menseregtewette.
Bid: Vader, ons bid vir Pastoor Koh en vir Pastoor Hilmy, Ruth en Amir. Ons weet nie waar hulle is nie, maar U weet. Ons vrees vir hul lewens, vir hul lyding. Maar of hulle nou in aardse gevangenskap is of na heerlikheid aangetrek is, U is daar by hulle. Dankie vir daardie vertroosting. Ons bid oor die vrees en hartseer van hul geliefdes, dat U hulle oë van die storm wat hulle omring mag afkeer om in U oë van medelye en krag te kyk. Troos hulle, Vader. As die ontvoerdes steeds op hierdie aarde is, bid ons dat hulle spoedig na hul families terugkeer. Terwyl hulle antwoorde soek deur plaaslike en internasionale aktivistegroepe, bid ons vir die beskerming van Pastoor Koh se familie, vir sy vrou Susanna en vir hul kinders Jonathan, Esther en Elizabeth. Gee hulle genoegsame genade en onderskeidingsvermoë vir elke situasie wat hulle teëkom. En mag U onbegryplike liefde hulle vul. In die Naam van Jesus “wat vir die blydskap wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het, en sit aan die regterhand van die troon van God (Hebreërs 12:2). Amen. (van Geopende Deure VSA)
Bron: The Star - https://www.thestar.com.my/news/nation/2017/10/19/inquiry-student-saw-incident-where-pastor-koh-was-taken/#Zy2vzb8VE9XhAb0V.03