Print this page

Noord-Korea en ander internasionale veiligheidsbedreigings

Noord-Korea en ander internasionale veiligheidsbedreigings

Robert Maginnis wat eens 'n Pentagon-insider was, het gehelp om ons gebede oor veiligheidskwessies te rig. Hier is sy ontleding oor sommige van die hot spots van ons wêreld:

Mattis verklaar Noord-Korea “die dringendste”. Die Washington Post berig Jim Mattis, minister van verdediging, het Noord-Korea die "dringendste en gevaarlikste bedreiging vir vrede en veiligheid" verklaar in getuienis voor die Huis se Gewapende Dienste Komitee. Dié stelling stamp Rusland van die eerste plek onder die bedreigings wat die VSA in die gesig staar. Die verandering kom soos wat Pyongyang vorentoe beweeg met wat die VSA 'n ongekende aantal toetse op kernwapens en ballistiese missiele noem. “Noord-Korea se voortgesette strewe na kernwapens en die middele om dit af te lewer, het in tempo en omvang toegeneem,” het Mattis gesê. “Die regime se kernwapenprogram is 'n duidelike en huidige gevaar vir almal, en die regime se uitlokkende optrede, duidelik onwettig ingevolge internasionale reg, het nie afgeneem ten spyte van die Verenigde Nasies se sensuur en sanksies nie.”

Suid-Korea se president sê die ontwapening van Noord is kwessie van oorlewing . Yonhap News berig Suid-Koreaanse president Moon Jae-in het belowe om saam met Japannese en Amerikaanse leiers te werk om Noord-Korea van kernwapens ontslae te raak, en noem dit 'n bedreiging vir sy land se voortbestaan. “Noord-Korea se ontwapening is nodig om vrede in die wêreld en Noordoos-Asië te verseker, maar vir Suid-Korea is dit 'n kwessie van oorlewing,” het Moon gesê. Japannese leiers het aan Suid-Korea die noodsaaklikheid beklemtoon om die druk en internasionale sanksies op Pyongyang te behou totdat die kommunistiese staat sy kernambisies laat vaar het. “President Moon het gesê omdat dit nie net met druk en sanksies sal eindig nie, moet ons Noord-Korea terugbring na die onderhandelingstafel voordat ons die Noorde heeltemal kan ontkern,” het Park aan 'n pers-inligtingsessie gesê.

Robert Lee Maginnis
https://www.facebook.com/RLMaginnis/

Bid dat 'n vreedsame manier gevind sal word om die Noord-Koreaanse regime te bring om hul land te ontwapen en alle militêre konflik met die VSA en Suid-Korea te vermy. Oorlog wat daartoe sou lei dat moontlik honderdduisende in die twee Koreas sou sterf, is ondenkbaar.