Nepal

Bid asseblief vir Nepal en God se beskerming vir Nepalese Christene, want die aantal anti-Christus mense groei hier. Gister, na die groot viering van Paasfees, het 'n paar onbekende mense die programbeampte van die Federation of National Christian Nepal (Mnr. Santosh Khadka) geskiet. Hy word nou behandel, steeds met die koeël in sy liggaam. Hy het met 'n motorfiets gery op pad na 'n huisgenootskap en 'n ander motorfietsryer het gekom en hom geskiet. Die geweergeluid was so klein dat hy nie geweet het hy is getref nie totdat hy sy bestemming bereik het en die bloed van sy heup af sien stroom het. Mag die Here hom baie gou genees.

Baie dankie vir jou gereelde gebed en liefde vir Nepal.

Ons waardeer jou uit ons diepe hart.

Met baie liefde en gebed,

Govinda en Sujita

Nepal Huis van Gebed