3 April-12 Mei 2017
Soek God saam vir die Internasionale Gebedsleiers Konsultasie in Herrnhut, Duitsland, 8-12 Mei 2017
Ons wil jou uitnooi om saam met ons in 40 dae van gebed, 3 April-12 Mei, te bid vir die komende byeenkoms, “ The International Prayer Leaders Consultation: Uniting in Prayer for Transformational Revival and Mission Breakthrough. ” Dit sal gehou word in die historiese dorpie Herrnhut, Duitsland, die terrein van die Morawiese gebedsherlewing wat die eerste Protestantse sendelinge uitgestuur het om die onbereiktes met die Evangelie te bereik! 120 internasionale gebeds- en sendingleiers vergader in hierdie klein Duitse dorpie om tot die Here uit te roep soos die Morawiërs voor hulle gedoen het: “ Mag die Lam wat geslag is die gepaste beloning van sy lyding ontvang!” Saam met vooraanstaande sendingleiers, sal deelnemers bid en strategies maak dat die onbereikte mense van ons dag bereik word namate die gebedsbeweging meer doelbewus fokus op die vervulling van Christus se Groot Opdrag, steeds soveel op Sy hart!
Gebed, herlewing en sending het nog altyd saamgegaan sedert die boek Handelinge. Dit is ons begeerte om 'n massiewe, gebedsgebaseerde herlewing te sien uitbreek regdeur die nasies van die aarde! Gedurende hierdie 40 dae van gebed vra ons vir nog 'n geskiedkundige beweging van die Heilige Gees om oor die nasies te vee en 'n hele nuwe geslag wakker te maak tot heelhartige liefde en oorgee aan Jesus in Sy sending aan diegene wat nog nooit van Sy liefde en waarheid gehoor het nie!
“Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die see oordek” (Hab. 2:14).
Tydens hierdie samekoms wil ons die gebeds- en sendingbewegings vir die finale stoot tot die vervulling van Matteus 24:14 nouer en meer effektief verbind, sodat almal die heerlike evangelie van die koninkryk in hierdie laaste dae kan hoor en daarop reageer!
“En hierdie evangelie van die koninkryk sal in die hele wêreld verkondig word as ’n getuienis aan al die nasies, en dan sal die einde kom” (Matt. 24:14).
Bid asseblief saam met ons vir hierdie spesifieke uitkomste tydens die aanloop tot die Konsultasie en om daardeur voort te gaan:
Baie dankie vir die samewerking met ons in gebed vir hierdie geskiedkundige byeenkoms. In Sy hande sal jou gebede die verskil maak!
Vir die oppergesag van Christus in alles,
Jason Hubbard, Direkteur, Lig van die Wêreld Gebedsentrum
John Robb, IPC-voorsitter