Verslag oor Biddag 6 Januarie 2017
Alhoewel ons min in getal was, was daar verteenwoordiging vanuit 'n wye spektrum van die liggaam van Messias in die land; beide van die Arabiessprekende sektor (Israeliese Palestynse en Wesoewer Palestynse), en van die Hebreeussprekende sektor insluitend Ethiopiese en Russiese agtergrond broers en susters. Ons het 'n sterk gevoel van die eenheid van die liggaam ervaar. Dit was grondliggend vir ons toe ons ons harte saamgevoeg het in korporatiewe gebed.
Die dag was baie produktief en ons het die meeste van die tyd in gebed deurgebring vir beide die Liggaam van Messias en die nasie. Ons het begin met gefokusde gebed gebaseer op die gebedspunte wat ons in ons vorige vergadering geïdentifiseer het. Ons het die Here gesoek vir bykomende gebedspunte waaroor ons in gebed moet wees. Nadat ons verdere areas vir gebed geïdentifiseer het, het ons daarin gebid. (hierdie bykomende punte is aangeheg)
Aan die einde van die dag het ons korporatief besluit om met hierdie inisiatief voort te gaan. Ons begeerte is om die kring van diegene wat saamkom in hierdie inisiatief van transformerende gebed te verbreed. Die deelnemers is aangemoedig om hierdie inisiatief by ander aan te beveel. Ons, die organiseerders sal uitnodigings aan nuwe deelnemers uitreik.
Evan Thomas en Lisa Loden
Gebedspunte:
Gebed vir onsself en die Liggaam van Christus
Gebed vir die nasie
Lisa Loden, Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.