Op 29 Januarie het die hof Petr Jasek tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir spioenasie, tot ses maande tronkstraf vir die verspreiding van gerugte wat die gesag van die staat ondermyn, tot 'n boete van 100 000 Soedanese Pond (ongeveer USD 16 000) vir die onderneem van NRO-werk sonder ’n permit, en tot een jaar tronkstraf elk (om agtereenvolgens uitgedien te word) vir die aanhitsing van twis tussen gemeenskappe, vir toegang tot en fotografie van militêre gebiede en toerusting, en onwettige toegang tot Soedan.
Ds Hassan Abduraheem Kodi Taour en mnr. Abdulmonem Abdumawla is elk tot tien jaar gevonnis vir die aansporing van Jasek in die misdaad van spioenasie, en een jaar elk vir die aanhitsing van twis tussen gemeenskappe en die verspreiding van gerugte wat die gesag van die staat ondermyn (alhoewel die wetlike maksimum straf vir hierdie laaste misdaad is ses maande tronkstraf). Al hierdie vonnisse moet agtereenvolgens uitgedien word.
Die prokureurs het aangedui hulle sal binne 15 dae teen die vonnisse appelleer.
Afsonderlik, in 'n hofsaak teen die dreigende sloping van vier Christelike kerke, het 'n hof beslis dat die owerhede die prokureur vir die kerke moet voorsien van 'n amptelike bevel vir die sloping van die kerke. Tot die prokureur se ontsteltenis behels die amptelike besluit nie net die vier kerke wat hy verteenwoordig het nie, maar is ook van toepassing op nog 21 plekke van aanbidding (meeste van hulle kerke) wat geskeduleer is vir sloping.
Christene in Soedan versoek gebed:
Kommer oor die Midde-Ooste
meconcern.org
facebook.com/middleeastconcern
URL vir hierdie gebedsversoek: http://meconcern.org/2017/01/29/sudan-update-on-imprisoned-christians-8/