Indië: Pakistan staak gesprekke oor nasionale veiligheidsadviseurs

Stratfor.com 22 Augustus 2015 | 18:23 GMT

Pakistan se Ministerie van Buitelandse Sake het op 22 Augustus aangekondig dat Pakistan nie die beplande samesprekings oor nasionale veiligheidsadviseurs sal bywoon nie, met verwysing na “voorwaardes” wat vroeër die dag deur Indië gestel is, het die Express Tribune berig. Die Pakistanse regering het spesifiek genoem dat hy nie Indië se voorwaardes kan aanvaar om die samesprekings te beperk tot maniere om terrorisme te beëindig en rustigheid op die beheerlyn te handhaaf nie. Verteenwoordigers van die Indiese regering het ontken dat hulle voorwaardes gestel het. Indiese minister van buitelandse sake, Sushma Swaraj, het vroeër gesê samesprekings kan vertraag word as Sartaj Aziz, Pakistanse nasionale veiligheidsadviseur, daarop aandring om met Kasjmiriese separatisteleiers te vergader.

Kom ons bid vir die spoedige herskedulering van hierdie veiligheidsgesprekke. Die grens tussen Indië en Pakistan is waarskynlik die gevaarlikste een op aarde aangesien beide nasies oor kernwapens beskik. Mag hulle 'n ontdooiing wees in die verhouding van hierdie Suid-Asiatiese vyande !