Print this page

Côte d'Ivoire op die rand van Burgeroorlog

Côte d'Ivoire op die rand van Burgeroorlog

Van een van ons kollegas in Wes-Afrika:
“Die presidensiële verkiesing van 28 November was veronderstel om 'n keerpunt in die Ivoorkus se dekade lange krisis te wees en verkose grondwetlike heerskappy te herstel in 'n land wat verdeel is in mededingende noordelike en suidelike gewapende kampe. Maar die verkiesingsliggaam kon nie enige wenner aankondig voordat die twee presidensiële kandidate hulself as wenners in die verkiesing verklaar het nie. Daar word beweer dat die opposisiekandidaat Quattara die posbekleër Laurent Gbagbo in die verkiesing verslaan het. Sedert die onoortuigende verkiesing was daar 'n reeks betogings en stakings. Maar vir die teenwoordigheid van die Verenigde Nasies se troepe sou die situasie in 'n volskaalse konflik ontaard het. Ivoorkus verteenwoordig die ekonomiese middelpunt en senuweesentrum in Frans Wes-Afrika.

Bid asseblief:
1. Vir 'n herstel van vrede in hierdie Frans-Wes-Afrikaanse land.
2. Dat 'n burgeroorlog nie moet uitbreek nie aangesien Wes-Afrika dit nie kan bekostig om nog 'n burgeroorlog te beleef nie.
3. Dat die twee politieke partye in die middel van hierdie politieke onenigheid in staat sal wees om hul verskille op te los om 'n verdere verslegting van die situasie te vermy.
4. Dat die Kerk, sendelinge en Christene in die Ivoorkus versterk en onderhou word deur die Here. Côte d'Ivoire is 'n basis vir baie sendingorganisasies in Wes-Afrika.
5. Vir God se voorsiening en ondersteuning aan die vroue, kinders en minderbevoorregtes wat maklik die eerste slagoffers is in 'n gespanne politieke situasie soos hierdie.”