Riglyne vir 'n lewenstyl van 24/7 gebed vir individue

Riglyne vir 'n lewenstyl van 24/7 gebed vir individue

Om 'n lewenstyl van 24/7 gebed te leef, beteken nie om letterlik 24 uur per dag te bid nie. 'n 24/7 leefstyl van gebed is 'n bediening van beskikbaarheid:
1. beskikbaar wees om na die Heilige Gees te luister en
2. bid volgens die gebedslaste wat Hy op jou hart lê. 24/7 Gebed is om te lewe as 'n priester wat deur God aangestel is: om voortdurend in gemeenskap met God te wees deur lofprysing en aanbidding en ook om in te tree vir die wêreld. Om in jou eie gebedslewe te groei, gee ons twee verskillende maniere oor hoe om te bid. 1. Riglyne (2 modelle) oor hoe om vir een uur te bid.
2. Riglyne oor hoe die Bybel/Skrif vir gebed gebruik word. Praktiese gidse oor hoe om vir een uur te bid Baie mense sukkel om meer as 5-10 minute in gebed deur te bring. Deur die skakel hieronder te volg sal jy twee modelle vind wat jou sal help om vir een uur stap vir stap te bid. Ons het 'n uur in blokkies van 12 x 5 minute verdeel en hierdie maklike manier van bid sal jou help om jou gebedstyd meer effektief deur te bring. Een van die modelle is 'n gebedspamflet, beskikbaar in 20 tale, genaamd Soek my aangesig. Hierdie modelle is heeltemal aanpasbaar by jou behoeftes, bv. sou jy net 20 tot 30 minute beskikbaar het, neem jy eenvoudig 4 tot 6 van hierdie 5 minute blokkies om te bid. Jy kan ook enige van die blokke inligting verander om dit meer geskik te maak vir jou eie situasie. Dit is belangrik om te verstaan dat jy dit as riglyn kan gebruik, en dit beteken beslis nie dat jy elke dag een uur lank moet bid nie.

www.jwipn.com/articles.asp (Soek die artikels Hour that Changes the World en Seek My Face under 24/7 Prayer in die Engelse afdeling.) Riglyne vir die gebed van die Woord Een van die mees verwaarloosde maar mees vrugbare maniere om te bid, is deur bloot jou Bybel te gebruik. Dit is tyd om ons Bybels ons gebedeboek te maak. Daar is baie maniere om dit te doen deur bloot die Woord te lees, die Psalms te lees en te bid, God se beloftes te bid, God se wil, doelwitte en opdragte te bid, of kontemplatief deur een Bybelboek op 'n slag te bid. Volg hierdie skakel vir meer inligting:

http://www.jwipn.com/articles.asp (Onder die afdeling: God en Sy Woord, sal jy verskeie nuttige artikels vind.) 24/7 Gebed vir kerke en gemeenskappe Riglyne oor hoe om 24/7 gebed vir kerke en gemeenskappe te mobiliseer, sal jy vind by www.globaldayofprayer.com/res_247.html