Print this page

AFGHANISTAN—Opdatering oor gevangene Afghaanse Christen-broers

AFGHANISTAN—Opdatering oor gevangene Afghaanse Christen-broers

Jongste nuus - Vanaf 8 Februarie berig die Christian Post Correspondent nou dat Said Musa "binne drie dae teregstelling in die gesig staar omdat hy tot die Christendom bekeer het. Said Musa (45) is deur 'n regter meegedeel dat hy binne dae gehang sal word tensy hy herbekeer na Islam. Maar die pa van ses het geweier om sy geloof te verloën en aan die Sunday Times gesê: "My liggaam is hulle s'n om mee te doen wat hulle wil. Net God kan besluit of my gees hel toe gaan." Hy het ook beweer dat hy deur tronkbewaarders en gevangenes gemartel en seksueel misbruik is.” As hierdie verslag akkuraat is, kan die teregstelling teen die 11de uitgevoer word. Bid asseblief dringend vir ons broer en sy vrylating. Sien www.Christianpost.com vir meer besonderhede.
In die laaste IPC Connections is berig dat Said Musa in Mei 2010 in Kaboel gevange geneem is en Assadullah op 21 Oktober 2010 in Mazar-e-Sharif.

Die volgende is 'n opdatering oor hul situasie van binne Afghanistan:
"Die twee gevangenes staan sterk, en Westerse diplomatieke druk kan teregstelling ontmoedig. Hulle kan vrygelaat word as hulle kranksinnig verklaar word. Een van die mans is reeds onder ses maande se sorg van 'n psigiatriese dokter geplaas. Daar is groot kommer oor omdat die geneesheer egter 'n paar onbekende pille toedien, is die gevangene bang om mislei te word om 'n paar verstandsveranderende middels te neem. Bid asseblief hiervoor, dat God se wil sal geskied en dat Hy hierdie twee mans sal beskerm teen enige mishandeling of manipulasie. In 2006 was daar die geval van Abdul Rahman, die situasie rondom hom was anders maar hy is ook gearresteer omdat hy openlik erken het dat hy 'n Afghaanse Christen is.Hy is kranksinnig verklaar sodat die hofsaak laat vaar kon word, en hy was landuit gesit.

Bid asseblief dat die situasie binnekort opgelos sal word, dat die broers sterk sal bly in hul vasberadenheid, dat diegene wat hulle probeer verdedig, goddelike wysheid sal hê en nie gedwing sal voel om twyfelagtige of selfs skadelike middele te gebruik om hul vrylating te verkry nie.”