LAOS - Kerkleiers in hegtenis geneem

LAOS - Kerkleiers in hegtenis geneem

Compass Direct News (www.compassdirect.org) het aangekondig dat 11 Christene (insluitend 2 kinders) met 'n vuurwapen gearresteer is terwyl hulle 'n aandete gedeel het en aangekla is vir die hou van 'n "geheime vergadering" in 'n pastoor se huis. Drie kerkleiers is ingesluit en bly steeds in aanhouding na die vrylating van die ander 8: PastorWanna van Nakoon dorpskerk, Chanlai van Tonglar dorpskerk, en Kan van nabygeleë Nahin dorpskerk—almal in Hinboun-distrik, Khammouan-provinsie. Ten spyte van regeringsgoedgekeurde Kersfeesvieringe tussen 5 Desember en 15 Januarie en die feit dat Pastoor Wanna die regering van 'n kerkbyeenkoms in sy huis 5 Januarie ingelig het, het die arrestasies op 4 Januarie plaasgevind.