Print this page

IRAN—Nuwe golf van vervolging

IRAN—Nuwe golf van vervolging

Window International Network (www.win1040.com) berig dat Iranse veiligheidsmagte sedert 26 Desember hul pogings verskerp het om die 'korrupte' invloed van die Christendom uit te skakel deur 25 Christen-gelowiges te arresteer. In Januarie van 2011, ramings wissel so hoog as 60 arrestasies met baie aangehou.

Elam Ministries (www.elam.com) rapporteer 70+ arrestasies. Daar is berigte van marteling behalwe intense ondervraging waar hulle vir ure en dae geblinddoek en ondervra word. Sielkundige druk word op hulle geplaas sodat hulle hul geloof in Christus Jesus sou verloën. Geen familielede word toegelaat om tydens die ondervragings te kuier nie.
Klik hier vir foto's van sommige van diegene wat in hegtenis geneem is.

Bid asseblief:
1. Die Here sal teenwoordig wees by alle Christene wat gearresteer, ondervra, aangehou en gemartel is – dat God hulle krag, vertroosting, die vermoë sal gee om lief te hê en te vergewe. Mag Christus verheerlik word in hulle lyding.
2. Bid vir 'n vinnige einde aan die beproewing waardeur die gevangenes gaan.
3. Vir polisiebeamptes dat hulle die haat vir Christene verloor en deur die Heilige Gees beweeg word om gered te word. Bid dat die regering guns sal vind by die Christene in hul land.
4. Dat God se krag van beskerming en liefde vir Sy Kinders duidelik gedemonstreer word voor die Iranse polisie om te sien watter soort God Hy is.
5. Vir God om drome en visioene te openbaar aan diegene wat regeer, God vrees en Christene vervolg.