'n Dankbare “dankie” aan Eleanor North van Viva wat 'n fout in verlede maand se nuusbrief uitgewys het. Die Wêreldnaweek van Gebed is 'n geleentheid vir mense regoor die wêreld om hul EIE geleenthede oor die naweek aan te bied en tyd te spandeer om vir kinders in gevaar te bid. Dit is nie 'n geleentheid wat op net een plek gehou word nie. Viva verskaf die hulpbronne (vandaar die vertaling van boekies in verskillende tale) om mense in staat te stel om dit te doen. Viva bevorder ook die naweek en probeer mense wêreldwyd aanmoedig om betrokke te raak en hul eie geleenthede aan te bied—of dit nou 'n gebedsbyeenkoms is, 'n kerkdiens gewy aan kinders in gevaar, of 'n lofprysingspartytjie vir kinders. (www.viva.org)
Bid asseblief:
1. Dat die hulpbronne wat Viva het en die bevordering van die Wêreldnaweek van Gebed (4 en 5 Junie 2011) by 'n groot aantal mense regoor die wêreld sal uitkom.
2. Vir baie kerke en tuisgroepe om tyd te spandeer om vir kinders in gevaar te bid.
3. Vir die finansiële en organisatoriese behoeftes wat Viva in die gesig staar om die hulpbronne vir Christene wêreldwyd te skep om hierdie Junie te gebruik.