Print this page

Bid vir die mense van Laos

Bid vir die mense van Laos

Die negende partykongres word oor drie of vier maande gehou. Die Partykongres is 'n vyfjaarlikse vergadering waarin die almagtige Politburo en Sentrale Komitee gekies word en die vyfjaarlikse nasionale plan goedgekeur word. In werklikheid word hierdie besluite agter die skerms geneem voor die Partykongres. Daar kan 'n stryd om mag wees tussen groepe wat die belange van noordelike en suidelike Laos verteenwoordig, en diegene wat groter getrouheid met óf Viëtnam óf China verkies. Mededinging tussen hierdie streekbelangegroepe sal waarskynlik in die komende maande meer intens word, aangesien watter groep ook al beheer oor die Politburo en die Kommunistiese Party se sentrale komitee kry, die meeste by korrupsie- en patronaatnetwerke sal baat.

• Bid vir wysheid vir die nuwe Eerste Minister, Thongsing Thammavong, en almal wat in die Kommunistiese Party en Lao-regering dien.
• Vra God om te oorheers in die besluite oor wie in die nuwe Politburo en Kommunistiese Party Sentrale Komitee is, en in enige besluite wat in die komende Negende Partykongres geneem word.
• Bid dat aksie op die hoogste vlakke geneem sal word om korrupsie hok te slaan.
• Bid vir regerings- en partyamptenare wat voorheen kontak met Christene gehad het en die Evangelie gehoor het om self die Here te soek en gunstig teenoor Lao-gelowiges te wees.
• Bid vir 'n groep van Jesus se dissipels, in elke dorpie van Laos, wat in hul hartstaal aanbid.