Vir die laaste paar jaar het die Nepali Christelike Gemeenskap 40 Dae van Wêreld Gebed vir Nepal gereël—die laaste dag daarvan val saam met die Wêrelddag van Gebed. Die Evangelie het die eerste keer in die vroeë 1950's na Nepal gekom, en sedert daardie tyd bou die Here Sy Koninkryk in Nepal op 'n kragtige manier. Die koms van die Evangelie in Nepal was 'n direkte gevolg van dekades se gebed regoor die wêreld vir Nepal, en nou ervaar ons die vrug van hierdie gebed met geweldige groei in die Nepalese Kerk.
Nou, meer as 6 dekades later, glo ons dat God die deur selfs wyer vir die Evangelie oopmaak en dat hy wonderlike dinge in Nepal sal doen (Jesaja 43:19, Josua 3:5)! Na 10 jaar van politieke onrus wat tot meer as 15 000 sterftes gelei het, vorder Nepal nou met die vredesproses en politieke transformasie. Nepal sukkel egter steeds om 'n nuwe grondwet te skryf wat nou amper 'n jaar agterstallig is. Namate die 28 Mei verlengde sperdatum vir die voltooiing van die grondwet nader kom, is daar opnuut vrese vir meer geweld en onrus wat uitbreek sou die grondwet nie betyds voltooi word nie. Ten spyte van die huidige situasie, glo ons dat God in staat is om hierdie nasie in 'n nuwe beloofde land van seëninge, vrede en voorspoed in te neem as die Kerk saam in gebed aansluit. Soos Josua vir die Israeliete in Josua 3:5 gesê het, God wil hê dat sy volk hulleself moet toewy aangesien Hy môre wonderlike dinge gaan doen!
Bid asseblief saam met ons vir Nepal en help ons om die inligting aan soveel mense as moontlik te versprei sodat baie Christenbroers en -susters, kerke en organisasies regoor die wêreld ook saam met ons sal aansluit in verenigde gebed vir ons nasie.