Bid vir oorwinning in 'n nuwe golf van vervolging in Algerië

Bid vir oorwinning in 'n nuwe golf van vervolging in Algerië

Die hoof van die EPA (The Algerian Protestants Church Association) het die volgende bevel van die Hoë Polisiekommissaris in sy dorp ontvang: “Op 5 Mei 2011 is 'n besluit geneem volgens artikel nommer 566/11 om regdeur die land al die Christelike aanbiddingsplekke, wat nie vir godsdienstige doeleindes aangewys is nie.

Bid asseblief:
1. Mag die Here wysheid gee aan die Kerkleiers hoe om hierdie nuwe golf van vervolging te hanteer. Die oorgrote meerderheid van die kerke word deur bogenoemde orde geraak.
2. Vir die Here om die gees van vrees weg te neem en sy Gees van krag, liefde en selfbeheersing te gee, om vas te staan teen die dreigemente van die owerhede. (2 Timoteus 1:7)
3. Vir die afskaffing van die Maart 2006-ordonnansies.
4. Die Kerk sal die volle lisensie kry om vrylik te kan vergader en te aanbid. (Die aantal gelowiges in Algerië vandag word geskat op ongeveer 100 000 gelowiges.)
5. Mag ons Here Jesus sy verlossing en heerlike oorwinning teen die Bose in bogenoemde situasie kragtig openbaar. Amen!