Print this page

Oproep tot gebed vir die droogte- en hongersnoodkrisis in Oos-Afrika

Oproep tot gebed vir die droogte- en hongersnoodkrisis in Oos-Afrika

Meer as 11 miljoen mense in Ethiopië, Kenia, Somalië en die nuutgevormde Republiek van Suid-Soedan het voedsel, water en noodgesondheidsorg nodig gehad. Die VN noem dit “die ergste droogte vir 60 jaar), en dit is hierdie erge droogte wat duisende mense gedwing het om uit hul huise te vlug en hul land se grense oor te steek op soek na hulp. Suider-Somalië beleef reeds hongersnood – die eerste in 19 jaar – en tensy die internasionale gemeenskap vinnig optree, kan dit binne maande na die res van die land versprei. “Ons het steeds nie al die hulpbronne vir voedsel, skoon water, skuiling en gesondheidsdienste om die lewens van honderdduisende Somaliërs in desperate nood te red nie,” sê Marke Bowden, die VN se humanitêre koördineerder vir Somalië.

Die langdurige konflik in Somalië het dit baie moeilik en gevaarlik gemaak vir hulpagentskappe om binne die land te werk, wat die krisis bemoeilik. Al-Sjabaab, 'n Islamitiese opstandige groep wat aan Al-Kaïda gekoppel is, het onlangs weer internasionale noodlenigingspogings verbied, wat dit onmoontlik maak vir voedselagentskappe om diegene wat die grootste gevaar loop te help.

Uit 'n artikel deur Bryony Jones, CNN
http://globalpublicsquare.blogs.cnn.com/2011/07/22/what-has-caused-the-east-africa-crisis/

Bid asseblief vir die opheffing van hierdie verbod deur Al-Sjabaab en vir die hervatting van effektiewe noodlenigingspogings waar dit die nodigste is. Bid vir die redding van diegene in die streek wat voedsel, water en noodgesondheidsorg benodig en dat die internasionale gemeenskap beweeg sal word om vinnige en toepaslike stappe te neem.