10/40 Venster Sondag (2 Oktober 2011)

10/40 Venster Sondag (2 Oktober 2011)

'n Spesiale geleentheid om gebed te fokus op 'n streek van die wêreld wat die tuiste is van:
• Die meerderheid van die wêreld se Moslems, Hindoes en Boeddhiste
• Die meerderheid van die wêreld se minsbereikte mensegroepe
• Die armste van die armes (meer as tagtig van elke 10 verarmde mense)
• 45 van die 50 nasies waar Christene die meeste vervolg word.

Wanneer: Die eerste Sondag van elke Oktober. Vanjaar word 10/40 Venstersondag op Sondag 2 Oktober gevier.

Waar: In jou huis, saam met jou klein groepie, by die kerk … Enige plek waar Christene bymekaarkom om die Here te soek.

Hoekom: Omdat die 10/40-venster die "finale grens" van wêreldsendings is. Om die taak te voltooi wat aan die Kerk gegee is, moet ons bid! “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het …” – die Bybel, Matteus 28:19 ,20.

Hoe: Merk Sondag 2 Oktober op jou kalender. Vertel jou vriende, familie, kleingroep, pastoor … Beplan om by Window International Network en talle Christene regoor die wêreld aan te sluit om in te tree vir die 10/40 Venster.

Jy hoef nie tot Oktober te wag nie. Begin vandag bid! Besoek ons by www.win1040.com vir nasieprofiele, gebedspunte en om uit te vind hoe jy betrokke kan raak om die mense van die 10/40 Venster te bereik.