Ontwikkelende Al-Kaïda is gevaarliker as ooit

Ontwikkelende Al-Kaïda is gevaarliker as ooit

“Al-Kaïda het suksesvol ontwikkel tot 'n franchise-organisasie onder leiding van Ayman al-Zawahiri, wat die terreurorganisasie selfs gevaarliker en moeiliker maak om op te spoor. Sedert die moord op Osama bin Laden op 2 Mei 2011, het Al-Kaïda finansieringsmetodes, aanvalsbenaderings en kommunikasietegnieke gedesentraliseer en verbeter om nuwe intelligensiepogings teë te werk. Die groep is verantwoordelik vir vier keer soveel terreuraanvalle vandag as wat dit was voor die 11 Sept. 2001 aanvalle. Al-Kaïda beoog steeds om 'n Islamitiese kalifaat te vestig, en is besig om opleidingskampe regoor die wêreld te vestig met die oog daarop.”

LIGNET ( Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. )

Hou asseblief aan om te bid vir die frustrasie, ontbinding en omverwerping van Al-Kaïda. Bid dat sy lede Jesus Christus sal leer ken deur drome, visioene en Sy Woord en dat hulle sendelinge vir Sy saak sal word!